‘n Ou sjinese vroutjie het twee groot potte gehad waarmee sy water na haar huis aangedra het. Sy het hulle aan ‘n paal gehang wat sy oor haar nek gedra het. Een van die potte het ‘n lelike kraak ingehad. Aan die einde van die staptog vanaf die stroom na die huis, was die gekraakte pot altyd net half. Vir twee jaar het dit so aangegaan. Die heel pot was natuulrlik baie trots op sy prestasie en die ander pot het baie sleg gevoel oor sy onvolmaaktheid. Hy kon net die helfte doen van dit waarvoor hy gemaak was.
Na twee jaar van teleurtselling oor wat soos apsolute mislukking gevoel het, het die pot met die ou vroutjie gepraat. Ek is so skaam oor al die water wat deur die kraak in my sy verlore gaan op pad na die huis toe. Die ou vroutjie het geglimlag en gese, “ Het jy nie agtergekom dat daar blomme aan jou kant van die pad is nie? Ek het altyd geweet van jou swakheid. Daarom het ek blomme aan jou kant gesaai, en jy het dit elke dag natgegooi terwyl ons teruggestap het huis toe. Vir twee jaar kon ek die mooiste blomme pluk om op my tafel te sit. Sonder om te wees net wat jy is, was dit nie moontlik om die huis so op te helder nie.”
God gebruik ons ”gekraakte potte” om blomme in ander mense se lewens te bring sodat hulle Hom kan eer deur vreugde in die lewe te vind. Onthou net, jy gaan nie die blomme wees nie. Jy gaan die stukkende pot wees. Dit waarmee jy ander se lewens verryk, dit is die blomme.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment